About
Founded by South African singer Nadine, our proudly South African leather brand, Nellie Vellies, was born from a passion for creativity, craftsmanship, and beautiful design.
Every one of our traditional tan; brown and rustic or colourful, unique leather products is handcrafted in South Africa by skilled South Africans using genuine leather. Made with love and built to last, each piece reflects quality, style, and authentic local craftsmanship.
As described by Nádine:
“Just two and a half years since launching Nellie Vellies, we’ve grown into a loved and successful brand, and we’re proud to celebrate South African talent and quality in everything we make. The creative flair I put into every design, is inspired by what moves me and the special and beautiful input I get from our loyal clients”
Our vellies are available in a wide variety of vibrant colours and we are constantly expanding our range to ensure our clients enjoy every blessed step they take in Nellie Vellies!”
Meer Oor
Gestig deur die Suid-Afrikaanse sangeres Nadine, is ons trots Suid-Afrikaanse leerhandelsmerk gebore uit ‘n passie vir kreatiwiteit, vakmanskap en pragtige ontwerp.
Elkeen van ons tradisionele ligbruin, roesbruin en donkerbruin ontwerpe asook ons unieke, kleurvolle leerprodukte word met die hand in Suid-Afrika vervaardig deur bekwame Suid-Afrikaners, uitsluitlik van egte leer!
Met liefde gemaak en ontwerp om jare lank te hou, weerspieël elke stuk gehalte, unieke styl en egte plaaslike vakmanskap.
Soos Nádine self beskryf:
“Net twee en ‘n half jaar na ons bekendstelling het ons gegroei tot ‘n suksesvolle en geliefde handelsmerk, en ons is trots daarop om Suid-Afrikaanse talent, kreatiwiteit en gehalte in elke produk wat ons maak te vier. Ons is geseënd en elke ontwerp word geïnspireer deur die emosies wat ek ervaar wanneer ek self deur die uitgerolde leervelle kies, besluit watter produk ontwerp die beste by n beplaade leer sal werk en natuurlik ons getroue kliënte se aanvraag en keuses.
Ons vellies is beskikbaar in meer 30 verskillende kleure, van die gemaklike tan bruin tot uitbundige, vrolike skakerings en elke geseënde treë van ons kliënte verskaf ons enorme vreugde.”